Na meer as ‘n maand in die NOS-program, na
vier weke van Digitale Pedagogie… en vier blogs later, sit ons steeds met die
vraagstuk of tegnologie ‘n plek het in die klaskamer en hoe dit die
leerervaring sal beïnvloed. Tegnologie het al so die klaskamer ingedring, dat
‘n klaskamer selfs opsioneel is…
Om te redeneer of afstandonderwys suksesvol
kan wees of nie, sal die voordele en nadele opgeweeg moet word. Die voordele is
dat hierdie manier van onderrig meer toeganklik is vir mense regoor die land,
solank die persone toegang tot die internet het. Dit lei tot meer
onderwysgeleenthede. Hierdie manier van onderrig is ook aansienlik goedkoper
teenoor klaskameronderrig, aangesien daar nie begroot word vir infrastruktuur,
onderwysers en hulpbronne nie. Al hierdie bogenoemde benodighede kan via die
internet verskaf word met afstandonderwys. ‘n Voordeel is ook dat elk op hul
eie spoed sal kan werk. Jy word dus nie gejaag deur ander nie, jy kan jou werk
behandel wanneer dit jou pas.
Teenoor die voordele is die nadele ook sterk.
Die nadele sluit in; geen persoonlike kontak met die leerders en onderwysers
nie. Hierdie nadeel is vir my baie belangrik, aangesien ek al in vorige blogs
uitgewys het hoe belangrik hierdie verhouding is. Dit is belangrik vir die
leerder se belangstelling in die vakgebied om ook ‘n band met die onderwys te
hê. Met afstandonderwys is daar geen gesprekvoering of verbale kommunikasie wat
kan plaasvind nie, dus kan leerders nie redeneer oor onderwerpe nie. Hulle kan
dan ook nie hul persoonlike verhoudings verbeter nie, want om ‘n gesprek op ‘n
skerm te voer is anders as ‘n gesprek in persoon. En dit kan problematies wees
vir persone sonder toegang tot internet aangesien alle kommunikasie via die
internet plaasvind.
Afstandonderwys kan soveel meer deure vir ‘n
groter groep mense oopmaak en dit is hoe die onderwys met die hulp van
tegnologie so voortstrewend is , maar om persoonlike kontak prys te gee is baie
moeilik. En dit is waar ek moeilik aanvaar dat afstandonderwys wel meer
suksesvol as klaskameronderwys is.
No comments:
Post a Comment