Die klas voor jou het 30 leerders en dan het jy nog 4 ander
klasse ook met 30 leerders in. Dit is baie lewens wat jy as onderwyser aanraak,
baie leerders wat sal terugdink aan hul skoolloopbaan en jou sal onthou.
Leerders wie elk hul eie storie, belangstellings en invloede het. Hulle is die
toekoms van ons land en die volgende baanbrekers. Elk met soveel potensiaal wat
ontgin moet word. Die leerder voor jou is ‘n spons. ‘n Spons wat die inligting
wil opslurp van jou vakgebied en jou menswees. As onderwyser moet ons die
leerders inspireer in die vakgebeid en in allerdaagse menswees. Ons is
bevoorreg om ander se lewens te verreik, maar verreik daardie 4 klasse se
leerders ons lewens nie meer nie.
Met ‘n interaktiewe klas kan onderwysers baie by leerders
leer. Hulle leer hoe om die leerders te hanteer, hoe hulle koppe werk en ook
wat hul invloede is. Leerders dink soveel anderster oor dinge as ons en hul
uitkykpunt en ervaringe kan ons soveel by leer. Hulle kyk met nuwe oë na ons
vakgebiede en ons moet hulle toelaat om ons ook so te laat kyk. Om ‘n leerder
‘n stem te gee in jou klaskamer kan soveel positiewe invloede hê op jou en die
klas se lewens en kennis oor die vak. So sal die leerders ook met meer
selfvertroue oor die vakgebeid kan gesels, want waar anders as in die “safe
space” van hul klaskamer kan hul gesels en leer van jou vakgebied. Die liefde
wat ons het vir ons vakke moet die leerders sien en ook wil kweek.
Daar is gesê dat die leerders sponse is vir ons kennis, maar
ons sponsies is self nooit te vol om by hulle op te slurp nie. Ons moet toeganklik
vir ander wees en toelaat dat hulle ons lewens laat verreik.
No comments:
Post a Comment